Ander Wes-Kaap Platejoggies

SoundProof Discos

SoundProof Discos
Herlu Gericke
Mobile: +27 (0)83 544 2429
Fax: +27 (0)86 544 0977
visit website

ABOUT SOUNDPROOF DISCOS

Die keuse van musiek op jul groot dag is seker een van die belangrikste keuses om te maak. By SoundProof Discos maak ons seker dat jul troue van begin tot einde seepglad verloop. Elke funksie word hoogs professioneel hanteer en met ons "personal touch" gee ons jul die gemoedsrus wanneer jul ons bespreek. Ons glo daarin om vir ons kliënte top kwaliteit en diens te gee teen bekostigbare pryse.

Ons platejoggies is baie professioneel en het 'n passie vir wat hul doen, daarvandaan ons slagspreuk "Music is the Game, DJ'ing our Passion". Ons gebruik net top gehalte toerusting om te verseker dat elke funksie van die hoogste gehalte is. Ons speel 'n wye verskeidenheid musiek op troues om in elke persoon se smaak te val en ons lees die dansvloer wat verseker dat elke persoon wat die troue bywoon hul gate uit geniet.

Ons kliente terugvoering se dit alles: "WOW! Ek kan nie outhou hoe lank terug ek so lekker gekuier en gedans het nie. Dis nou wat ek nou noem professionele mense met uitstekende diens."

Ons bied ook:

  • Gratis bruidspaar ontmoeting by troulokaal of plek van eie keuse
  • Betroubare toerusting
  • SAMRO Geregistreerd
  • Betroubare platejoggies
  • Wye verskeidenheid musiek van die "Goue Oues" en Afrikaanse musiek tot en met die nuwe musiek op die radio.
  • Professionele diens met ons "Personal Touch"

Kontak ons gerus vir navrae.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for SoundProof Discos.
Have a comment regarding SoundProof Discos? Submit a review using the form above.

  • SHARE SOUNDPROOF DISCOS: