Mega Music DJ's

Mega Music DJ's
Raynhardt Helberg
Mobile: +27 (0)76 037 0169
visit website

ABOUT MEGA MUSIC DJ'S

Dankie dat u belangstel om Mega Music DJ's te gebruik vir u funksie. Ons is in Pretoria geleë en spesialiseer in Musiek, Klank, Beligting en Audio-visual. Ons missie by Mega Music DJ's is om die beste kwaliteit, betroubare en uitsonderlike diens te verskaf aan u, omrede u, as ons klient net die beste verdien.

Met meer as 7 jaar ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf weet ons net hoe om dag en nag vermaak te verskaf aan u en u gaste. Ons is ten volle geregistreer en gelisensieer by SAMRO en SAMPRA. Ons positiewe benadering en bereidwilligheid om altyd die ekstra myl te gaan, onderskei ons van die res in die vermaaklikheidsbedryf.

Sommige van dienste sluit bekostigbare pakette in volgens u begroting. Ons reel 'n afspraak om u te ontmoet by die venue om die funksie spesifikasies en vereistes te bespreek.

Ons spesialiseer in:

  • Troues
  • Korporatiewe en jaareind funksies
  • Konferensies
  • Produkbekendstellings
  • Modeskoue
  • Verjaarsdag partytjies
  • Matriek afskeidsfunksies
  • Ope-lug funksies
  • Enige tipe funksie wat klank, beligting musiek en DJ's benodig.

Mega Music DJ's verskaf aan u die volgende professionele toerusting wat benodig word.

  • Professionele klank (DB Technologies, JBL, Hybrid Professional)
  • Koordlose mikrofone (AKG, Shure)
  • Professionele beligting (Intelligente ligte, LED effek beligting, Atmosfeer beligting, Lasers, Strobe ligte, Scanners, Muur beligting)
  • Lae rook vir 'n dans op die wolke gevoel (Droë ys Masjien)
  • Rook masjiene Audio - Visual (Projekter en LCD skerms)
  • Klank stelsels
  • Verhoogplatvorms en beligting staanders op versoek
  • 3 Fase krag
  • Professionele klank ingeneurs
  • Professionele DJ's

Kontak ons asseblief vir 'n persoonlike kwotasie volgens u vereistes.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Mega Music DJ's.
Have a comment regarding Mega Music DJ's? Submit a review using the form above.

  • SHARE MEGA MUSIC DJ'S: