Kropro Entertainment

Kropro Entertainment
Roy
Mobile: +27 (0)72 434 6755
visit website

ABOUT KROPRO ENTERTAINMENT

Professionele musiek vir jou spesiale dag - in die Pretoria en Johannesburg area.
 
KroPro Entertainment spesialiseer in musiek vir alle funksies, met liedjies wat wissel van die gewilde deuntjies uit die jare 60s tot vandag se groot treffers. Met meer as 20 jaar ervaring in die musiek-industrie en honderde funksies agter ons naam, kan jy net die hoogste kwaliteit diens en professionalisme van ons verwag.Ons spits ons daarop toe om al die musiek en klank vir jou spesiale dag te hanteer, en gaste te beloon met 'n smaakvolle en professionele audio tapesserie wat alle ouderdomme sal laat glimlag.
 
Om te verseker dat jy geen onaangename verrassings op jou groot dag kry nie, kan ons vooraf met julle as 'n paartjie ontmoet om jul presiese voorkeure te bespreek. As jy egter verkies om dit geheel en al in ons hande te laat, is dit heeltemal in die haak so – ervaring het ons geleer om mense te lees en musiek te speel wat almal op hul voete sal kry! Wat musiekkeuses betref, het ons musiek van alle genres - insluitende Afrikaans.
 
Sou julle nog laatnag wil partytjie hou, is dit geen probleem nie! Ons hoë gehalte musiek-toerusting sê nooit "nee" vir 'n goeie makietie nie.
 
Multimedia projektor beskikbaar op versoek:

  • Musiek- en klanktoerusting vir die diens
  • Koordlose mikrofoon vir toesprake 

Stel jouself gerus en vertrou volkome op KroPro Entertainment.
 
"KroPro Entertainment - Music provider of choice for the Mnet Spectacular Wedding Competition 2007"
 
Now equipped with a professional audio backup system by LD Systems – in the event of load shedding or a power failure, the music plays on!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Kropro Entertainment.
Have a comment regarding Kropro Entertainment? Submit a review using the form above.

  • SHARE KROPRO ENTERTAINMENT: