Ander Gauteng Musikante

Vivace Guitar Duo

Vivace Guitar Duo

ABOUT VIVACE GUITAR DUO

Vivace Guitar Duo bestaan uit Gerrit Roos en Jonathan Moolman, twee klassieke kitaarspelers van Pretoria. Vivace spesialiseer in die opvoer van musiek wat gekomponeer en verwerk is vir twee klassieke kitare. Vivace is een van die enigste kitaar-duette in Suid-Afrika wat op meestersvlak gekwalifiseer is.

Musiek vir jou troue


Aangesien Vivace een van die enigste klassieke kitaar-duette in die land is, kan ons ‘n unieke en smaakvolle element aan jou troue verleen. Laat jou gaste verwelkom word met die ryk klanke van twee klassieke kitare, die bruid begelei word terwyl sy instap en ryk klanke die ruimte vul wanneer ringe aangesit word en die register geteken word. Ons repertorium sluit seremoniële musiek soos Pachelbel se 'Kanon in D', Bach se 'Air on a G string' en die Troumars in.

Ons kan ook jou gaste na afloop van die diens vermaak: tydens ligte versnaperings voor die onthaal of selfs tydens die onthaal met klassieke kitaartreffers met ‘n tikkie meer skop.

Vivace beskik oor ‘n wye verskeidenheid musiek om van te kies en voorstelle is altyd welkom.

Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting of om na opnames te luister. Inligting oor pakkette en kwotasies kan aangevra word deur ons te kontak. 

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Vivace Guitar Duo.
Have a comment regarding Vivace Guitar Duo? Submit a review using the form above.

  • SHARE VIVACE GUITAR DUO: