Ander Verskaffers in Mpumalanga

The Wedding Devotee

The Wedding Devotee
Anel Kiley
Mobile: +27 (0)82 671 8882
Fax: +27 (0)86 502 2691

ABOUT THE WEDDING DEVOTEE

The Wedding Devotee spesialiseer in die beplanning en organisering van troues en spesiale geleenthede, en ons spits ons daarop toe om jou droom troudag in a skouspelagtige werklikheid te omskep. Al is ons in die sonnige Mpumalanga geleë, woel en werskaf ons regoor die wêreld – van plaaslike troues tot bestemmings-troues in eksotiese lande.

Om 'n troue of geleentheid te beplan is sonder twyfel ‘n opwindende avontuur, maar dit gaan egter met ‘n groot maat stres en harde werk gepaard – meer as wat enige aanstaande bruid behoort te hanteer! By die Wedding Devotee verstaan ons die belangrikheid van díe ontsaglike spesiale dag, en daarom ploeg ons al ons tyd en energie in om selfs jou wildste drome te bewaarheid. Ons skenk fyn aandag aan selfs die kleinste detailtjie om te verseker dat jul unieke persoonlikhede in elke blommetjie, versierinkie en dekor-element weerspieël word.

Elke kliënt lê ons na aan die hart en ons doen alles in ons vermoë om elkeen se individuele behoeftes, smaak en styl in diepte te leerken en verstaan. Gehalte diens is ons trots, en daarom werk ons net met die heel beste en mees gesogte diensverskaffers tesaam om te verseker dat jou droom dag seepglad verloop!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for The Wedding Devotee.
Have a comment regarding The Wedding Devotee? Submit a review using the form above.

  • SHARE THE WEDDING DEVOTEE: