La Promesse

La Promesse
Annemarie / Annemie
Mobile: +27 (0)82 899 1153
Mobile: 27 (0)82 769 5344
visit website

ABOUT LA PROMESSE

La Promesse is 'n kreatiewe konsultasie maatskappy wat in die koördinering van troues spesialiseer. Ons gee die pas aan met die beplanning en tema van jul troudag om by julle unieke persoonlikhede te pas.

As dit by trou koördinering kom is ons innoverend, kreatief en ervare. Ons beplan graag jou troue om by julle unieke voorkeure en persoonlikhede aan te sluit.  Ons het 'n passie daarvoor om jou drome te verwerklik en saam 'n eiesoortige geleentheid te skep wat nog lank in julle herinneringe sal voortleef.

La Promesse se troues is bekend vir verbeeldingryke idees en stylvolle afwerking.  Ons kontakte in die trou industrie verseker boonop dat julle uistekende waarde vir julle geld kry.  Met 'n oog vir detail en foutlose instink vir die fynere dinge in die lewe is La Promesse werklik 'n bruid se beste vriendin, raadgewer , vertroueling en advokaat in een!

Ons verskaf die volgende dienste:

  • Konsep beplanning van jou trou tema
  • Venue-keuse
  • Hare en grimering
  • Uitnodigings
  • Fotograaf
  • Videograaf
  • Spyseniers
  • Troukoek
  • Musiek en vermaak
  • Dekor
  • Blomme
  • Gaste geskenkies
  • Vervoer
  • Markiestente
  • Wittebroodspakkette
  • Op die dag koordinering

Laat die liefdesverhaal begin!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for La Promesse.
Have a comment regarding La Promesse? Submit a review using the form above.

  • SHARE LA PROMESSE: