Ander Kwazulu Natal Ko-ordineerders

ETC Events

ETC Events
Debbie Montague
Contact No: +27 (0)31 762 1345
Mobile: +27 (0)83 653 7900
Fax: +27 (0)86 522 7286

ABOUT ETC EVENTS

Net soos elke bruid spesiaal en anders is, so is elke troue ook heeltemal uniek – maar tog verdien jy dieselfde professionele en toegewyde beplannings- en koordineringsdienste as enige ander bruid. ETC Events bied bekostigbare dienste met die doel om die stres van troubeplanning te verlig en jou te help om geld te bespaar waar jy kan. Ons span het ‘n wêreld se ervaring in ons kreatiewe aktetas, en ons maak ‘n punt daarvan om jou by elke aspek van die beplanningsproses te betrek.

Ons bied ook binneshuise skryfbehoefte-dienste, en dus kan ons enigiets van uitnodigings, spyskaarte en pleknaam-kaartjies tot tafelplanne, programme en etikette maak om by jou tema en dekor te pas. Debbie is boonop ‘n ervare blomme-kenner en doen ook graag dekor en blomme vir ons bruide. Op die manier hanteer ETC Events elke aspek van jou troue, om jou totale gemoedsrus te gee en te verseker dat jou visie ‘n werklikheid word. Elke diens wat ons bied sal na afloop van ons eerste vergadering apart geprys word, sodat jy presies kan uitwerk wat jy wil hê en wat nie.

 

 

Kontak ons gerus om ‘n ontmoeting of Skype sessie op te stel sodat ons jou troue in detail bespreek. Wees gerus, dit beteken nie jy moet noodwendig van ons dienste gebruik maak nie – na afloop van die ontmoeting sal ons vir jou ‘n volledige kwotasie stuur, waarna jy kan besluit of jy wel op ETC Events wil staatmaak om jou droomdag te beplan. Ons dagboek vir 2017 is amper vol, en ons het reeds besprekings vir 2018 en 2019 – so kontak ons asseblief voor dit te laat is!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for ETC Events.
Have a comment regarding ETC Events? Submit a review using the form above.

  • SHARE ETC EVENTS: