Bells & Whistles Wedding & Events Planner

Bells & Whistles Wedding & Events Planner
Leann McCabe
Mobile: +27 (0)82 448 3878
Mobile: +27 (0)82 410 7964
visit website

ABOUT BELLS & WHISTLES WEDDING & EVENTS PLANNER

Bells & Whistles Wedding & Events Planner is ‘n Kaapse agentskap wat in die Suidelike Voorstede gebasseer is. Fyn aandag aan detail en uitsonderlike kwaliteit is heel bo aan ons prioriteitslysie wanneer dit by die beplanning van jou spesiale dag kom, en met die hulp van ons ongelooflike span en betroubare diensverskaffers, sal ons jou drome in ‘n werklikheid omskep.

Deur hoogs professionele dog persoonlike diens te lewer, verseker ons dat jy op jou gemak voel met die wete dat jou troudag geheel en al onder beheer is – tot die laaste en fynste detail. Met ‘n opregte en toegewyde aanslag, verseker ons dat jou dag propvol liefde en geluk is, asook kosbare herhinneringe wat jy verewig sal koester.

Een van ons grootste bates is ons uitstekende verhouding met verskeie diensverskaffers. Ons tref nie kompromie wanneer dit by kwaliteit kom nie, en daarom maak ons slegs van die heel beste en mees gesogte verskaffers gebruik om te verseker dat jou troudag ongelooflik spesiaal en onvergeetlik is.

Ons besef dat elke paartjie totaal en al uniek is, en so ook hul begroting en behoeftes. Daarom bied ons nie vaste pakkette nie, maar pas ons eerder ons dienste volgens jou behoeftes aan om te verseker dat jou wildste verwagtinge oortref word. Wat ons betref is geen troue te groot of te klein nie – elkeen is pragtig en sprokiesagtig op sy eie manier. Of jy nou al jou troue beplan vandat jy 5 jaar oud was en of jy geen idee het waar om te begin nie, ons is hier vir jou. Die troudag is ‘n ongelooflike tyd in jou lewe, propvol vreugde en opwinding, tog kan dit stresvol en uitmergelend wees, en selfs ‘n bietjie verwarrend by kere. Deur dus die leisels en kommernisse aan ons oor te gee, kan jy rustig ontspan en daarop fokus om die tyd saam met jou verloofde te geniet.

Ons sien uit daarna om jou drome in ‘n werklikheid te omskep!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Bells & Whistles Wedding & Events Planner.
Have a comment regarding Bells & Whistles Wedding & Events Planner? Submit a review using the form above.

  • SHARE BELLS & WHISTLES WEDDING & EVENTS PLANNER: