Avant Garde Weddings & Events

Avant Garde Weddings & Events
Michelle Kat
Mobile: +27 (0)82 828 2397
visit website

ABOUT AVANT GARDE WEDDINGS & EVENTS

Avant Garde Weddings & Events lewer tydlose troues wat beplan en gekoördineer word met passie en styl. Ons werk in noue samewerking met ons kliënte sowel as die top verskaffers in elke kategorie wat die bedryf het om te bied. Deur middel van ons kennis, professionaliteit, gehalte van diens sowel as ons fyn aandag aan detail, verseker ons die perfekte trou dag waaroor jy gedroom het.

Ons sal kosbare tyd bespaar deur die begroting te hanteer, idees te konseptualiseer deur middel van ons innovasie en ondervinding in die bedryf, skakelling met verskaffers te hanteer asook om op die dag van die troue alle aspekte betrokke te koördineer om te verseker dat die kliënt se vereistes en verwagtinge voldoen word.

Ons bied twee pakkette aan wat elkeen ontwerp is om die bruidspaar se behoeftes te pas:

  1. Die Koördinering Pakket wat vir die bruidspaar ontwerp is wat alreeds alle trou reëlings getref het maar nog die hulp van 'n koördineerder op die dag van die troue vereis om te verseker dat alle aspekte beheer word sodat die egpaar ‘n stresvry dag kan geniet. 'n Vergadering sal geskeduleer word met die paartjie en verskaffers 'n maand voor die troue en 'n gedetailleerde Volgorde van gebeure, Tydskedule en Vloerplan sal opgestel word wat deur Avant Garde Weddings & Events op die dag van die troue gekoördineer word om te verseker dat die paartjie hul dag ten volle kan geniet.
  2. Die Avant Garde-pakket, hierdie luukse pakket behels alle aspekte wat betrokke is by die beplannings proses. 'n Konsultasie sal geskeduleer word met die bruidspaar om hul trou aspirasies te bespreek en kwotasies sal verkry word van ons lys van verskaffers. Daarna sal 'n gedetailleerde begroting opgestel word en opgedateer word soos die beplanning vorder. Avant Garde Weddings & Events sal betrokke wees in alle vergaderings om te verseker dat elke aspek bespreek word en deeglik op die trou dag uitgevoer word. Ten slotte, is 'n Volgorde van die gebeure, Tydskedule en Vloerplan opgestel om op te tree as 'n riglyn op die troudag. Avant Garde Weddings & Events sal verseker dat die bruidspaar se visioene in 'n werklikheid vertaal word deur alle aspekte in elke kategorie te koördineer.
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Avant Garde Weddings & Events.
Have a comment regarding Avant Garde Weddings & Events? Submit a review using the form above.

  • SHARE AVANT GARDE WEDDINGS & EVENTS: