VA Tungsten

VA Tungsten
Jason
Contact No: +27 (0)31 811 4163
Mobile: +27 (0)72 178 9011
Fax: +27 (0)86 655 3766

ABOUT VA TUNGSTEN

Die Antieke Egiptenare het geglo dat die aar wat deur die derde vinger van die linkerhand loop, direk aan die hart verbind is. So het dit gekom dat die Romeine dit die Vena Amoris gedoop het, wat 'Aar van Liefde' beteken.

Omdat 'n ring geen begin of eindpunt het nie, simboliseer dit eenheid en nimmereindigende liefde. By Vena Amoris is dit vir ons belangrik dat die ring self ook net so lank soos die liefde moet hou. Ons besef dat elke man 'n sterk, duursame en bekostigbare troupant benodig wat by sy leefstyl kan byhou – slytbestand dog stylvol. Tot onlangs was mans-juweliersware net in eenvoudige ontwerpe beskikbaar. Metaalkeuses was beperk tot goud en platinum wat swaar op die beursie is, en titaan, silwer en vleklose yster wat liggewig en broos is. Met verloop van tyd verkleur die metaal en verloor karakter; en kort voor lank is dit slegs 'n skaduwee van die trouring waarmee jy eens op 'n tyd kon spog. 

Tungsten carbide ringe is van 'n swaar metaal gemaak wat dit 'n luuks en waardevolle gevoel gee. Díe ongelooflike metaal het al die voordele van die bogenoemde metale, en verloor boonop nie mettertyd sy glans nie, behou sy oorspronklike vorm en is krap- en slytbestand. Tungsten carbide ringe het die gevoel, klas en elegansie van 'n goue of platinum ring, maar teen 'n fraksie van die prys. Om op te som: 'n Tungsten carbide ring is 'n sterk, treffende, elegante en stylvolle juweelstuk wat aan al die moderne man se vereistes voldoen.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for VA Tungsten.
Have a comment regarding VA Tungsten? Submit a review using the form above.

  • SHARE VA TUNGSTEN: