Ander Wes-Kaap Huwelikskontrakte

Schoemanlaw Inc Attorneys

Schoemanlaw Inc Attorneys
Nicolene Schoeman-Louw
Contact No: +27 (0)21 425 5604
Fax: +27 (0)21 425 5604
visit website
Address: 80 Strand Street, Cape Town

ABOUT SCHOEMANLAW INC ATTORNEYS

Kies Schoeman Tshaka Prokureurs vir ingeligte maar tog  individueel gerigte en toegewyde diens.

Die drie fundamentele hoekstene van ‘n goed beplande huwelik bestaan uit jou huweliksbeloftes, ‘n  huweliksvoorwaardekontrak en ʼn behoorlik beplande en opgestelde wettige testament. 

‘n Huweliksvoorwaardekontrak is ‘n baie belangrike dokument wat, in terme van die Suid Afrikaanse reg, sal bepaal of jou huwelik binne of buite gemeenskap van goedere en met of sonder die aanwasbedeling is. Die huwelikskontrak reguleer jou huweliksbedeling en bepaal die eiendomsreg van elke gade.

‘n Paar  voordele van ‘n huweliksvoorwaardekontrak is, dit:

  1. Voorkom dat die huwelik outomaties binne gemeenskap van goedere is;
  2. Bied deursigtigheid in die gades se verhouding deur regte, verpligtinge en gevolge van die huwelik op rekord te plaas;
  3. Voorkom onnodige toekomstige geskille tussen gades;
  4. Bied regsekerheid vir paartjies wat trou buite hulle land waarin hulle normaalweg woonagtig is;
  5. Dien as ‘n middel tot langtermyn boedelbeplanning 

Ons moedig ons kliënte aan om albei gades se behoeftes in ag te neem wanneer hulle langtermyn boedelbeplanning doen en ‘n huweliksvoorwaarde kontrak aangaan. 

Ons bied deskundige individueel gerigte diens in verskeie velde van die reg en elke kliënt word met sy eie unieke oplossing voorsien. Ons voorsien gereelde terugvoer aan elke kliënt. U regsbehoeftes is in die hande van deskundiges. 

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Schoemanlaw Inc Attorneys.
Have a comment regarding Schoemanlaw Inc Attorneys? Submit a review using the form above.

  • SHARE SCHOEMANLAW INC ATTORNEYS: