Baie geluk met julle verlowing en hierdie nuwe seisoen in u lewens!
Ons deel graag in hierdie opwinding deur vir u ‘n uiters professionele en billik gepryste diens te lewer deur toe te sien dat u die regsimplikasie van hierdie groot stap in u lewens verstaan en dat die regsake in verband met u huwelik in orde is voordat die groot dag aanbreek. Ons pas by u besige lewenstyl aan en akkomodeer ook ons kliënte na-ure.
Die tariewe sluit ‘n gratis konsultasie ter verduideliking van die verskillende huwelikbedelings, die opstel van die Huweliksvoorwaardekontrak, die verlyding deur ‘n Notaris , die registrasie daarvan in ‘n aktekantoor sowel as die vereiste notarisbriewe vir die huweliksbevestiger. Alhoewel ons verkies om ons kliënte persoonlik te ontmoet, kan ons u ook voorsien van ‘n elektroniese uiteensetting van die verskillende huwelikbedelings. Indien ons al u besonderhede het, onderneem ons om huweliksvoorwaardekontrak in ‘n rekord tyd gereed te kry vir ondertekening.
Aangesien u status binnekort gaan verander, is ‘n nuwe testament van uiterse belang. Ons adviseer en assisteer u graag hierin.
Skakel ons gerus , kry gemoedsrus dat u regsake in bekwame hande is en geniet u troue!
There are currently no reviews for Michelle Kloppers.
Have a comment regarding Michelle Kloppers? Submit a review using the form above.