Chantel Van Heerden Prokureurs

Chantel Van Heerden Prokureurs
Chantel van Heerden
Contact No: +27 (0)12 993 5907
Mobile: +27 (0)82 850 1189
visit website

ABOUT CHANTEL VAN HEERDEN PROKUREURS

Huwelikskontrake binne minute teen uiters kompeterende tariewe en vir kliënte regoor Suid-Afrika.

Om te trou…die mooiste dag in u lewe. Maak hierdie dag perfek deur gemoedsrus te hê dat al die regsake in verband met u huwelik tydig in orde is.

Chantel van Heerden Prokureurs sal verseker dat u persoonlike aandag en professionele advies ontvang aangaande hierdie belangrike besluite. Om 'n troue te reël kan uiters stresvol en tydrowend wees, daarom verseker ons by Chantel van Heerden Prokureurs dat u Huweliksvoorwaardekontrak as 'n saak van dringendheid afgehandel word en met die minste moontlike ontwrigting vir uself. U hoef nie eens u tuiste te verlaat nie, alhoewel u die opsie het om ons Notaris te ontmoet en gratis met haar te konsulteer, dit bly u keuse.

Sou u 'n Huweliksvoorwaardekontrak benodig, stuur gerus vir ons 'n e-pos, waarop ons sal reageer binne etlike minute, deur aan u 'n uiteensetting te stuur aangaande u opsies. Sodra u besluit  aangaande u keuse van kontrak aan ons deurgegee is, sal ons seker maak dat u kontrak gereed is vir ondertekening binne dieselfde dag.

NEEM KENNIS: Sou u dringende hulp benodig, moenie huiwer om Chantel van Heerden te skakel op haar selfoon nie. Ons kan u Huweliksvoorwaardekontrak gereed hê vir ondertekening binne slegs 'n paar uur.

Na huweliksluiting is 'n Testament van uiterste belang. Sou u 'n Testament benodig, skakel ons gerus.

Skakel ons vandag en maak seker dat u trou met gemoedsrus.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Chantel Van Heerden Prokureurs.
Have a comment regarding Chantel Van Heerden Prokureurs? Submit a review using the form above.

  • SHARE CHANTEL VAN HEERDEN PROKUREURS: