Ander Wes-Kaap Huurdienste

The White Cloth Company

The White Cloth Company
Bronwyn Mostert
Contact No: +27 (0)21 945 1636
Mobile: +27 (0)83 279 9995
Fax: +27 (0)86 528 5882
Address: Shop 1, 86 on 13th Ave, Boston, Bellville
visit website

ABOUT THE WHITE CLOTH COMPANY

Ons spesialiseer in dekor en huurdienste, en verseker dat elke element ‘n tikkie persoonlikheid het om daardie “wow” effek aan jou troudag te verleen – sonder om die bank te breek!

Wanneer dit by die beplanning van jou groot dag kom, ondersteun ons jou in alle dekor opsigte. Van drapering en feeliggies tot ‘n wye reeks tafeldekor – ons kan jou met alles help, selfs blommerangskikkings!

Hetsy jy self die dekor items wil op stel, en of jy verkies dat ons die samestelling daarvan by die venue behartig – ons is buigsaam en sal alles in ons vermoë doen om jou te wense te bewaarheid. Elke item wat gehuur word word op ‘n lysie gesit sodat jy presies kan sien waarop jy jou begroting spandeer. Kwaliteit kom altyd eerste, maar ons glo ook daarin on bekostigbare items te gebruik om die presiese prentjie in jou kop te weerspieël. Ons is voortdurent besig om ons katelogus uit te brei, en deur ons oog op die huidige tendense te hou, verseker ons dat ons altyd nuwe en opwindende items op die rak het.

Persoonlike diens is ons trots! Ons vra geen addisionele koste vir konsultasies of na-uurse afsprake nie, dus sal ons jou help om jou droom dag te beplan sonder om in jou werkstyd in te sny.

Baie belangrik: Ons werk slegs op ‘n bespekings-basis, so kontak ons asseblief via epos om ‘n afspraak te maak om ons studio te besoek.

 

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for The White Cloth Company.
Have a comment regarding The White Cloth Company? Submit a review using the form above.

  • SHARE THE WHITE CLOTH COMPANY: