Ander Gauteng Hennepartytjies

Hotshotz Bachelorette

Hotshotz Bachelorette
Jenna Adkins
Mobile: +27 (0)79 154 6978
visit website

ABOUT HOTSHOTZ BACHELORETTE

Hotshotz Bachelorette verskaf 'n wye verskeidenheid dienste wat daarop gemik is om jou hennepartytjie spesiaal te maak en 'n bietjie skop te gee. Ons weet dat jou troudag die spesiaalste dag van jou lewe is en ontsaglik baie vir jou beteken.

Dit is immers die een dag wat jy al van kleintyd in jou kop beplan! Ons besef egter hoe stresvol die beplanning en voorbereiding vir jou besonderse dag kan wees, daarom moet jou hennepartytjie 'n tyd wees om alles eenkant toe te skuif en af te skakel. Maak los jou hare en vier fees saam met jou heel beste vriendinne en die vuurwarm kêrels van Hotshotz, natuurlik. Hotshotz Bachelorette bied hoofsaaklik drie dienste aan wat gewaarborg is om jou hennepartytjie in 'n onvergeetlike geleentheid te omskep:

  1. Kaalbas Butlers – Ons gewildste en opwindendste diens
  2. “Topless” Butlers – Vir wanneer ma in die omtrek is
  3. Formele Butlers – Vir die meer formele okasie

By Hotshotz Bachelorette is kwaliteit ons trots, dit is die fondasie waarop ons besigheid gegrond is. Van elke kurkprop wat skiet tot elke plat, gespierde maag is kwaliteit wat ons bo die res laat uitstyg en ons gewildheid spreek boekdele hiervan. Ons wyer om kompromie te tref as dit by kwaliteit kom, en jy moet ook nie.

Laat ons butlers jou hennepartytjie in 'n onvergeetlike ervaring omskep. Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting oor ons dienste.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Hotshotz Bachelorette.
Have a comment regarding Hotshotz Bachelorette? Submit a review using the form above.

  • SHARE HOTSHOTZ BACHELORETTE: