Ander Wes-Kaap Hare en Grimering

Marilese Makeup

Marilese Makeup
Marilese Bruwer
Mobile: +27 (0)82 908 8600
visit website

ABOUT MARILESE MAKEUP

Die geheime-­wapen van elke grimeerkunstenaar is die vermoë om elke individu se natuurlike skoonheid na vore te bring.

Met meer as sewe jaar in die skoonheidsbedryf weet Marilese Bruwer presies hoe om elke dame se deug te beklemtoon en haar kliënte op hulle gemak te laat voel gedurende die sessie. Sy het haar vinger op die pols van al die nuutste modegiere en tendense en sal jou op jou beste laat lyk vir die kanselpaadjie of rooitapyt.

Marilese se hand is al ingeoefen om bruide en hul gevolg met die beste produkte op die mark te grimeer, modelle vir redaksionele fotosessies op te kikker en selfs opleiding van voornemende grimeerkunstenaars.

Nie net bring sy jou mooiste kenmerke uit met haar kwassies en kleure nie, maar sy weet presies hoe om jou lang lokke of kort kapsel te stileer vir jou spesiale dag. Kontak Marilese vir ‘n konsultasie, grimeringsproeflopie, skoonheidsklasse of net ‘n lekker geselsie oor alles wat mooi is.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Marilese Makeup.
Have a comment regarding Marilese Makeup? Submit a review using the form above.

  • SHARE MARILESE MAKEUP: