Accentuate Makeup and Hair

Accentuate Makeup and Hair
Jacqui Geel
Mobile: +27 (0)79 541 2551
visit website

ABOUT ACCENTUATE MAKEUP AND HAIR

Ek doen Hare en Grimering, en bied persoonlike klasse en werkswinkels vir hennepartytjies aan. Verder spesialiseer ek in die kamoeflering van littekens, akneë en vitelago (‘n tipe velsiekte).

Kunstenaarsprofiel

Ek het my IMA (International Makeup Association) kwalifikasie by een van London se vernaamste grimeerskole behaal – London School of Beauty and Makeup (wat al verskeie kere in die Britse Vogue en Britse Elle tydskrifte verskyn het). Nadat ek vir 8 jaar in London gewerk het, het ek terug huistoe gekom en dadelik vir MAC begin werk. Díe fantastiese werksgeleentheid het my ‘n rykdom ervaring en opleiding in die sak gebring, en my geleer om met enige veltipe en velkleur te werk. Verder het ek ook die geleentheid gehad om by verskeie Mercedes Benz SA Modeweke en Afrika Modeweke te werk, asook vir die MAC Events Team vir SA en saam met stylguru’s soos Trinny & Susannah van die BBC TV reeks What Not to Wear.

Troudag Grimering – My Filosofie

Oor die jare het ek al meer as 200 bruide se grimering gedoen, en daarom verstaan ek hoe belangrik dit is om ‘n duidelike idee te hê van hoe jy op jou groot dag wil lyk. Deur jou natuurlike skoonheid en gelaatstrekke te beklemtoon, verseker ek dat jy op jou beste lyk en dat jou bruidegom wonder hoe op aarde hy so gelukkig kan wees om met haar te kan trou.

Ek kom na jou venue toe sodat jy nie hoef te reis nie, en eerder rustig en op jou gemak kan wees. Ek is vriendelike en betroubaar, en laat nooit my bruide in die steek op díe belangrike geleentheid nie. Ek verseker dat die bruid geheel en al op haar gemak is en my sin vir humor kom handig te pas wanneer die senuwees begin knaag.

Die Proeflopie

Om ‘n bruid se troudag-grimering te doen is ‘n ontsaglike groot eer. Ek verkies om die bruid vooraf vir ‘n proeflopie te ontmoet en dan saam met haar te werk om ‘n voorkoms te skep waarmee sy tevrede is.

Ek fokus veral daarop om ‘n tydlose voorkoms te skep sodat jy nie eendag na jou foto’s kyk en spyt is oor oudmodiese grimering nie. Deur jou natuurlike skoonheid te beklemtoon en die aandag van swakplekkies af te lei, versker ek dat jou grimering fantasties lyk en boonop die hele dag hou.

Oor die jare het ek al saam met van die land se top fotograwe gewerk, en dus geleer om grimering te doen wat foutloos is dog kamera-vriendelik. Met meer as 15 jaar se ervaring en ‘n lang lys bruide en modelle in my repertorium, kan ek jou versker dat jy in goeie hande is.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Accentuate Makeup and Hair.
Have a comment regarding Accentuate Makeup and Hair? Submit a review using the form above.

  • SHARE ACCENTUATE MAKEUP AND HAIR: