Tammy Holliday Photography

Tammy Holliday Photography
Tammy Holliday
Mobile: +27 (0)83 479 9732
visit website

ABOUT TAMMY HOLLIDAY PHOTOGRAPHY

Hello pragtige bruid en bruidegom! Ek is baie opgewonde dat julle my by my webblad kom besoek het hier op Trouinspirasie. Maak nie saak hoeveel keer julle nou “EK” raaklees nie, ek is verseker dat julle HIER is omdat dit JULLE trou dag is wat binne kort aanbreek en daar is nog so baie om te doen! So laat my toe om die “EK” uit die pad te kry sodat ons by die “JULLE” kan uitkom!

Ek het fotografie gestudeer en het my voorliefde vir trou fotografie vroeg tydens my studies ontdek. Ek is mal daaroor om te werk met mense (en mooi goed), en ek glo in ware liefde! Ek is mal oor toer en het ‘n doel om meer van Suid Afrika te sien.

My hoof doel as fotograaf is om vir julle (ja, daar is die eerste een!) beeldskone trou fotos te gee. My werk is bietjie meer romanties, maar die eerste prioriteit is om pret te he! Ek is altyd oop vir nuwe idees, veral as dit heeltemal uniek is aan JULLE as ‘n paartjie. Ek geniet dit om spontaan planne te maak, en sal alles moontlik doen om seker te maak dat alles glad verloop (aan die fotografie kant natuurlik).

JULLE is a paartjie wat iemand nodig het wat vir julle jul troudag kan gee in prentjies van begin tot einde. Julle dag is vir julle spesiaal, dus is dit vir my ook spesiaal. Julle soek iets asemrowend? Ek (oops) kan dit vir JULLE gee.

Ek sal graag van julle af wil hoor en met julle ‘n hart-tot-hart gesprek voer oor julle trou dag!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Tammy Holliday Photography.
Have a comment regarding Tammy Holliday Photography? Submit a review using the form above.

  • SHARE TAMMY HOLLIDAY PHOTOGRAPHY: