Precious Memories Productions

Precious Memories Productions
Erna Dutrieux
Mobile: +27 (0)76 144 0481
visit website

ABOUT PRECIOUS MEMORIES PRODUCTIONS

Ons doel is om altyd anders te wees, die wêreld uit ‘n ander perspektief te sien, en foto’s uit ongewone hoeke te neem. Kombineer dit boonop met Photoshop, en die resultaat is ‘n gewaarborgde meesterstuk. Wanneer dit by jou groot dag kom, gaan ons uit ons pad uit om jou tevrede te stel, en ons poog om altyd ongewone, ongelooflike en onkonvensionele foto’s te neem.

Elke foto spreek van passie: die passie tussen jou en jou geliefde, en ons passie vir ons werk en kliënte. Ons bied ‘n wye verskeidenheid pakkette wat elke sak pas, en is boonop bereid om aanpassings te maak om aan jou unieke behoeftes te voldoen. Indien jy graag ‘n koffietafelboek sou wou bestel, sal ons onafhanklike drukker help om jou herhinneringe verewig op glanspapier vas te vang.

Ons verstaan dat almal nie ewe gemaklik voor die kamera is nie, en daarom verseker ons dat daar te alle tye ‘n vroulike en manlike fotograaf teenwoordig is om paartjies gerus te stel.

Ons verseker altyd dat ons kliënte meer uitkry as wat ons pakket belowe – nooit minder nie. As jy boonop besluit om van ons fotografie- én videografie-dienste gebruik te maak, sal jy ook ‘n gratis verlowingsfotosessie ontvang – wat dan vir ons help om julle as beter as ‘n paartjie te leerken voor die groot dag.

Precious Memories Productions spesialiseer in fotografie- en videografie-dienste, en bied ongelooflike waarde vir geld. Ons toerusting is van die hoogste gehalte, and kan resolusies so hoog as 24 pixels hanteer, indien nodig.  

Oorweeg ons vir jou troudag! Precious Memories Productions bied buitengewone dienste, en ons gee werklik om oor ons kliënte se unieke behoeftes en kosbare herhinneringe.


MEMORIES FORM THE FABRIC OF OUR LIVES

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Precious Memories Productions.
Have a comment regarding Precious Memories Productions? Submit a review using the form above.

  • SHARE PRECIOUS MEMORIES PRODUCTIONS: