Elrike Gericke Photography

Elrike Gericke Photography
Elrike Gericke
Contact No: +27 (0)31 903 4370
Mobile: +27 (0)76 790 3522
visit website

ABOUT ELRIKE GERICKE PHOTOGRAPHY

My passie vir fotografie het ontwikkel op 'n baie jong ouderdom. Sentiment rakende familie byeenkomste en algemene gebeure het veroorsaak dat ek altyd die oomblikke en ervarings wou koester. Ek wou my lewe vasvang in prentjies. Op hierdie manier, het ek geredeneer, sal ek tyd kan laat stilstaan en alles wat gebeur het kan onthou. Dokumenteer elke oomblik van die lewe - dit was my leuse, maar ek het nooit regtig geweet hoe om dit te doen nie.

Tyd het verby gegaan, ek het grootgeword, 'n graad in besigheid bekom en deel geword van die gejaag na wind. Dit het gelukkig alles tot 'n einde gekom die dag toe ek besluit het om Engeland toe te gaan en 'n droom uit te leef - ervaar die lewe in die buiteland. Daar was dit makliker om geld te spaar en ek het my eerste digitale SLR kamera te koop. Dit was 'n klein Suid-Afrikaanse gemeenskap en ek het my man daar ontmoet. Nadat ons terug verhuis het Suid-Afrika toe het ek besluit om professionele fotografie deel van my daaglikse lewe te maak. Die opwinding het begin en ek het besef dat ek myself maklik kan verloor in die prentjies wat ek deur die lens van my "klein swart boksie" sien.

Fotos is meer as net fotos, vir my is dit split-sekonde prentjies vir ewig geraam in 'n stil oomblik. Ek is lief vir oomblikke en neem 'n joernalistieke, klassieke, tog hedendaagse benadering tot fotografie. Gebeure, emosies, minute en sekondes, al die bogenoemde vorm deel van 'n spesiale herinnering en ek geniet dit om dit vas te vang - die storie agter die herinneringe. Niks maak my gelukkiger nie, as wanneer iemand my vertel dat 'n spesifieke foto veroorsaak het dat hulle trane in hulle oë gekry het. Dan weet ek dat ek iets vasgevang het wat 'n emosionele impak gemaak het. Iets wat sal veroorsaak dat die ontvanger oomblikke en herinneringe, soos ek, sal koester. Wat maak fotografie so briljant? Ek dink dat dit die ongelooflike vermoeë is van fotografie om met die ingewikkelde druk van 'n knoppie 'n oomblik te laat leef vir altyd.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Elrike Gericke Photography.
Have a comment regarding Elrike Gericke Photography? Submit a review using the form above.

  • SHARE ELRIKE GERICKE PHOTOGRAPHY: