Vividly VIntage

Vividly VIntage
Kirsten Lynch
Mobile: +28 (0)83 415 9582
visit website

ABOUT VIVIDLY VINTAGE

Vividly Vintage het 'n passie vir alles wat pragtig, spesiaal en onvergeetlik is. Met jare se ervaring in die industrie het Vividly Vintage al vele bruide gehelp om díe spesiale dag in 'n ongelooflike sprokiesverhaal te omskep – en dit is juis dít wat ons werk so belonend maak! Elke paartjie is uniek, en daarom kan geen twee troues ooit dieselfde wees nie. Ons gaan dus die ekstra myl om dekor en blomme te kies wat die paartjie se unieke smaak en droom weerspieël, en binne die begroting pas. Verder spesialiseer ons ook in temapiekniek-pakkette wat alles van die speiseniering tot die dekor insluit. Op die manier help ons jou om die skouspelagtige troue van jou drome te beplan sonder om die begroting te oorskry.

Ons reeks produkte is voortdurend aan die groei, om te verseker dat ons altyd op datum en op hoogte van die jongste neigings en tendense is. Vividly Vintage bied 'n wye verskeidenheid dienste soos dekor-huurdienste, blomme, lekkergoed- en nageregbuffets, handgemaakte skryfbehoeftes, temapieknieks en geleentheidsbeplanning. Ons dekor-huurdienste sluit 'n wye reeks items in, soos: lemonade-stalletjies, messegoed en breekware, stoele, 'mason’ glaspotjies, vase, lekkergoedpotjies, handgemaakte vlaggies (wat ook volgens jou unieke spesifikasies gemaak kan word), koffers, silwerware, koekstaanders, kratte, spieëls, unieke vintage stukke en nog vele meer. Al die dekor items kan op verskeie kreatiewe maniere aangewend word om enige tema of styl te pas.

Gedurende jou konsultasie help ons jou om dekor elemente te kies wat binne jou tema en begroting pas. Die items word dan by jou venue afgelewer en opgerig volgens jou wense en spesifikasies, waarna ons weer die items die dag na jou troue kom optel sodat jy nie 'n vinger hoef te lig nie. Vividly Vintage is dus 'n “one-stop-shop” vir al jou dekor behoeftes om so die beplanningsproses te vergemaklik. 

Die lekkergoed en nagereg buffet tafels is nóg 'n opwindende aspek van Vividly Vintage – altyd uniek en 'n gewaarborgde treffer! Ons bied boonop 'n wye verskeidenheid opsies en style – van gestruktureerde buffets tot die meer prettige en vrolike lekkergoedtafels. Vividly Vintage streef daarna om elke geleentheid uniek, persoonlik en spesiaal te maak. Ons skenk ontsaglike fyn aandag elke detail, want ons glo dat dit die klein dingetjies is wat die grootste verskil maak – ons sal jou geleentheid laat sprankel!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Vividly VIntage.
Have a comment regarding Vividly VIntage? Submit a review using the form above.

  • SHARE VIVIDLY VINTAGE: