Phoenix Dance Company

Phoenix Dance Company
Carina Cullen
Mobile: +27 (0)73 509 3887
visit website

ABOUT PHOENIX DANCE COMPANY

Of die twee van julle met vier linker voete gebore is, en of julle jare se dans ondervinding het, Phoenix Dance Company sal julle vinnig touwys maak en verseker dat julle eerste dans absoluut onvergeetlik is!

Ons bied ‘n wye verskeidenheid dans-opsies en -pakkette om elke sak en styl te pas – van eenvoudig dog verbeeldingryke roetines, tot meer skouspelagtige gechoreografeerde danse. Watokal die styl is waarop julle besluit, ons kan waarborg dat julle hope pret sal hê en dat julle glansryk, ontspanne en self-versekerd op die dansvloer sal voel.

Ons klasse dek ‘n wye verskeidenheid dansstyle, insluitende:

  • Ballroom (Waltz, Tango, Foxtrot)
  • Latin (Rumba, Cha Cha, Swing)
  • Sosiale sokkie (Loopdans en Two Step)

Boonop kan ons troupakkette volgens julle voorkeure aangepas word om enige van die volgende in te sluit:

  • Troupaar se eerste dans – gechoreografeerde of semi-gechoreografeerde
  • Pa en dogter dans
  • Ouers se dans

Ongeag of julle troudag om die draai is of doer in die toekoms lê, ons instrukteurs het die geduld en ervaring om te verseker dat julle eerste dans as man en vrou ‘n kosbare ondervinding is.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Phoenix Dance Company.
Have a comment regarding Phoenix Dance Company? Submit a review using the form above.

  • SHARE PHOENIX DANCE COMPANY: