Passion for Dance

Passion for Dance
Mobile: +27 (0)82 6333 183
visit website

ABOUT PASSION FOR DANCE

Leer dans deur die huidige Suid-Afrikaanse Latyns-Amerikaanse Professionele Dans-kampioene in Pretoria:
 
Maak jou troudag besonders met ‘n spesiale passievolle dans om jou groot oomblik vir altyd te onthou.
 
Dans is ons lewe en ons daaglikse passie. 
 
Ons sal jou help en jou die nodige bewegings, styl, ritme, grasie en dansroetine leer om nie net die dansbaan in absolute styl to open nie, maar ook om jouself daarna goed van jou taak to kwyt.
 
Ons werk al 15 jaar lank met bruidspaartjies en weet presies hoe om ‘n passievolle, eenvoudige en gemaklike dansroetine in net ‘n paar lesse aan mekaar te slaan.  Om met die nodige gemak en self-vertroue,  voor al jou gaste, op jou groot dag te kan dans verg beslis professionele onderrig.  Dit is reeds ‘n baie groot oomblik en om onvoorbereid op die dansvloer to stap is die regte resep vir ‘n ramp. Wees voorbereid!
 
Bruidspaartjies spandeer soveel tyd en geld aan hul kleredrag, hare, blomme, kerk, onthaal en ander reëlings en skeep die eerste dans af. Ons glo dat die eerste dans die belangrikste en mees emosionele gebeurtenis van die onthaal en die eerste dag van julle lewe saam is.
 
Ons spesialiseer daarin om beginners soos gesoute dansers to laat lyk. So, as jy voel julle het geen ritme, twee linkervoete, geen koördinasie  of selfvertroue nie, kontak ons gerus.
 
Ons weet presies hoe om daardie negatiewe aspekte in positiewe aspekte te verander.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Passion for Dance.
Have a comment regarding Passion for Dance? Submit a review using the form above.

  • SHARE PASSION FOR DANCE: