Oopsie Daisy Flowers

Oopsie Daisy Flowers
Charlene Lubbe
Contact No: +27 (0)82 553 4757
Skype: charlene-lubbe
visit website

ABOUT OOPSIE DAISY FLOWERS

Oopsie Daisy Flowers

Ongeag watter tipe geleentheid jy beplan – hetsy dit ‘n troue, ‘n spesiale okasie of selfs ‘n korporatiewe byeenkoms is – Oopsie Daisy Flowers sal verseker dat dit alles is waarvan jy moontlik kon droom. Ons span staan gereed om jou met al jou blomme en dekor behoeftes by te staan, en bied professionele advies om te verseker dat jou geleentheid seepglad verloop.

Met ‘n fyn oog vir detail, fokus ons daarop om gehalte diens te lewer en op hoogte te bly van die jongste blomme neigings en ontwerpe. Ons het ook ‘n wye verskeidenheid vase, kandelare, tafeldoeke, ens. waarvan jy kan kies.

Wanneer ons jou troue of geleentheid behartig en ontwerp, berei ons die kwotasie presies volgens jou unieke styl, behoeftes en begroting voor. Oopsie Daisy Flowers woel en werskaf al sedert 2007 onder die leiding van eienaar Charlene Lubbe, en ons behartig geleenthede regoor Gauteng asook in alle omliggende areas. Charlene word ondersteun deur haar ma Evelyn en ‘n span bloemiste wat opgelei is om net die beste diens en resultate te lewer. Saam maak hulle ‘n ongelooflike span. 

Kontak ons gerus vandag nog om ‘n afspraak te maak.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Oopsie Daisy Flowers.
Have a comment regarding Oopsie Daisy Flowers? Submit a review using the form above.

  • SHARE OOPSIE DAISY FLOWERS: