Bring to Life Events

Bring to Life Events
Contact No: +27 (0)79 027 7810
visit website

ABOUT BRING TO LIFE EVENTS

Bring to Life Events daarna om perfeksie te produseer deur elke troue 'n unieke ondervinding te maak en terselfdertyd jou eie persoonlike stempel daarop af te druk. Laat hul jou help om jou droom te bewaarheid deur nou saam met jou te werk om dit 'n dag van soete herinnering te maak. Samewerking met hulle beteken 'n stresvrye dag van liefde, emosie en bowenal 'n fees vir jou, jou wederhelf en al jou gaste om te geniet.

Bring to Life Events spesialiseer in:

Beplanning & Koördinering

Hulle konsulteer, ontwerp en koördineer alles - van die oomblik dat die idees oor jou troue uitgedink word, tot by die kies van 'n plek. Hulle help bou aan 'n droomspan van verskaffers, help met die begroting en skedules en al die fynere besonderhede van jou troue.

Drapering

Hulle skep 'n atmosfeer wat jou uniekheid uitdruk en al jou verwagtinge oortref. Hul kan help met die drapering van gazebos, markies-tente, sale, agtergrondstelle, tafels en stoele.

Blommerangskikkings

Blomme speel 'n belangrike rol in jou groot dag. Dit skep die atmosfeer vir romanse. Bring to Life Events spesialiseer daarin om blomme te verskaf wat spesifiek inpas by jou visie en styl . Die blomme sal jou persoonlikheid ondersteun deur asemrowende rangskikkings wat intrige, diepte en tekstuur aan die dag gee.

Trou-bykomstighede

Jou uitnodigings stel die oorhoofse gevoel van jou troue. Bring to Life Events plaas klem op persoonlike aandag aan die kleinste besonderhede, hetsy op die uitnodigings, diensorde, sitplekbeplanning, tafelplek-opset, spyskaart, tafelnommer of dankie notas en geskenkies.

Dekor ontwerp en dekor verhuring soos tafels, stoele, tafeldoeke, bo-oor tafeldoeke, lopers, stoeloortreksels, wegbindbande, servette, onderborde, blompotte, kerse, lanterns, spieëls en veel, veel meer.

Bring to Life Events sal 'n dag skep wat jou mooiste verwagtinge oorskry. Hul kan nie wag om deel te hê aan die dag wat jou Ewige Geluk begin nie!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Bring to Life Events.
Have a comment regarding Bring to Life Events? Submit a review using the form above.

  • SHARE BRING TO LIFE EVENTS: